HEBREËRS 10:5-7
HEBREËRS 10:5-7 Bybel vir almal (ABA)
Daarom, toe Christus in die wêreld gekom het, het Hy gesê: U wou nie 'n offer en 'n present hê nie, U het my liggaam gemaak en U wil my liggaam hê. U het nie gevra dat ons brand-offers en sonde-offers moet bring nie. Toe het Ek gesê: “Kyk, Ek het gekom om te doen wat U wil hê, o God. Dit is oor My geskryf in die boek waarin u wette is.”
HEBREËRS 10:5-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarom sê Hy, as Hy in die wêreld inkom: Slagoffer en spysoffer wou U nie hê nie, maar U het vir My 'n liggaam berei. Brandoffers en sondoffers het U nie behaag nie. Toe het Ek gesê: Kyk, Ek kom — in die boekrol is dit van My geskrywe — om u wil te doen, o God.
HEBREËRS 10:5-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarom sê Christus met sy koms in die wêreld: “Dit is nie diereoffer en graanoffer wat U wou hê nie, maar die liggaam wat U My gegee het. Brandoffers en sondeoffers het U nie behaag nie! Toe het Ek gesê: Kyk, Ek het gekom, o God, om u wil te doen. In die boekrol is dit van My geskrywe.”
HEBREËRS 10:5-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarom sê Hy met sy koms na die wêreld: “Offerande en offergawe wou U nie hê nie, maar 'n liggaam het U vir My voorberei; ja, •brandoffers en •reinigingsoffers het U nie tevrede gestel nie. Toe het Ek gesê, ‘Kyk, hier is Ek om u wil te doen, o God! Dit is in die boekrol oor My geskryf.’ ”
HEBREËRS 10:5-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom, wanneer Hy in die wêreld kom, sê Hy: Slagoffer en gawe wou U nie hê nie, maar U het vir My 'n liggaam berei. In brandoffers en sondeoffers het jy geen behae gehad nie. Ek het toe gesê: Kyk, Ek kom (in die boekrol is dit van My geskrywe) om u wil te doen, o God.
HEBREËRS 10:5-7 Die Boodskap (DB)
Daarom lees ons in die Skrif dat toe Christus na die wêreld toe gekom het, Hy vir God gesê het: “Allerhande geskenke en offers is nie wat U regtig wil hê nie. Wat U wil hê, is die menslike liggaam wat U vir My gegee het. Diere wat verbrand word ter wille van al die verkeerde dinge wat mense gedoen het, stel U nie in belang nie. Toe het Ek gesê: ‘Kyk, Ek kom om alles te doen wat U wil hê Ek moet doen, net soos daar in die Skrif oor My geskryf is.’”
HEBREËRS 10:5-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Daarom het Christus, toe Hy hierdie wêreld ingekom het, verklaar: “Diere- of graanoffers is nie wat U wou hê nie, maar die liggaam wat U vir My voorberei het. U was nie tevrede met brandoffers of sonde-offers nie. Toe het Ek gesê: ‘Kyk, Ek het gekom, o God, om u wil uit te voer – so staan dit van My in die Skrif geskryf.’”