HEBREËRS 10:23
HEBREËRS 10:23 Die Boodskap (DB)
Daarom kan ons sonder enige twyfel vashou aan die beloftes wat God aan ons gemaak het.
HEBREËRS 10:23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Kom ons hou ook styf vas aan die hoop wat ons bely, want ons kan op God staatmaak; Hy sal doen wat Hy beloof het.
HEBREËRS 10:23 Bybel vir almal (ABA)
Daarom moet ons aanhou om die dinge te glo en te sê wat ons hoop, ons moenie daaroor twyfel nie. Ons kan baie seker wees daarvan omdat God dit belowe het, en Hy sal doen wat Hy belowe het.
HEBREËRS 10:23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Laat ons die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou, want Hy wat dit beloof het, is getrou
HEBREËRS 10:23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het.
HEBREËRS 10:23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Laat ons styf vashou aan die belydenis van wat ons hoop, sonder om af te wyk, want Hy wat die belofte gemaak het, is getrou.
HEBREËRS 10:23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Laat ons die belydenis van ons geloof vashou sonder om te wankel; (want hy is getrou wat beloof het;)
HEBREËRS 10:23 Die Boodskap (DB)
Daarom kan ons sonder enige twyfel vashou aan die beloftes wat God aan ons gemaak het.