HEBREËRS 10:12-14
HEBREËRS 10:12-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Maar ons Hoofpriester het vir die sondes net een offer vir alle tye gebring en daarna op die ereplek aan die regterhand van God gaan sit. Nou wag Hy daar totdat God sy vyande volledig aan Hom onderwerp het. Deur sy een offer het Hy al sy mense vir altyd volmaak geheilig.
HEBREËRS 10:12-14 Bybel vir almal (ABA)
Maar nadat Jesus Christus net één offer vir die sondes gebring het, het Hy vir altyd gaan sit op die belangrikste plek langs God, en in die tyd wat oorbly, wag Christus daar totdat God die vyande van Christus voor Hom sal laat buig en Christus sy voete op hulle sal sit. Want omdat Hy één offer gebring het vir almal, het Hy die mense wat aan God gewy is, heeltemal gereinig.
HEBREËRS 10:12-14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
maar Hy het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan die regterhand van God en wag nou verder totdat sy vyande gemaak is 'n voetbank van sy voete. Want deur een offer het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word.
HEBREËRS 10:12-14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar Jesus Christus het één offer vir die sondes gebring en vir altyd aan die regterhand van God gaan sit. Nou wag Hy daar totdat sy vyande aan Hom onderwerp is. Deur die één offer het Hy dié wat vir God afgesonder word, vir altyd volkome van sonde vrygemaak.
HEBREËRS 10:12-14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
maar toe Christus vir altyd een offer ter wille van sondes gebring het, het Hy aan die regterhand van God gaan sit. Sedertdien wag Hy totdat sy vyande 'n voetbank vir sy voete gemaak word. Want deur een offer het Hy hulle wat geheilig word, vir altyd vervolmaak.
HEBREËRS 10:12-14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar hierdie man, nadat hy een offer vir die sondes vir ewig gebring het, het gaan sit aan die regterhand van God; Verwag van nou af totdat sy vyande sy voetbank gemaak word. Want deur een offer het Hy die wat geheilig is, vir ewig volmaak.
HEBREËRS 10:12-14 Die Boodskap (DB)
Maar met Christus is dit baie anders. Hy het net een enkele offer gebring en dit was genoeg vir altyd. Daarna het Hy op die ereplek by God in die hemel gaan sit. Daar sit Hy en wag dat God al sy vyande magteloos voor Hom op die grond gaan gooi. Deur daardie een offer van Hom het Hy alles honderd persent by God reggemaak vir elkeen wat God spesiaal Syne gemaak het.