HEBREËRS 10:11-13
HEBREËRS 10:11-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Onder die ou verbond staan elke priester dag vir dag op diens en bring hy oor en oor dieselfde offers wat tog nooit die sondes kan wegneem nie. Maar ons Hoofpriester het vir die sondes net een offer vir alle tye gebring en daarna op die ereplek aan die regterhand van God gaan sit. Nou wag Hy daar totdat God sy vyande volledig aan Hom onderwerp het.
HEBREËRS 10:11-13 Bybel vir almal (ABA)
En elke priester doen elke dag sy werk en hy bring elke maal dieselfde offers. Daardie offers kan nooit die sondes wegneem nie. Maar nadat Jesus Christus net één offer vir die sondes gebring het, het Hy vir altyd gaan sit op die belangrikste plek langs God, en in die tyd wat oorbly, wag Christus daar totdat God die vyande van Christus voor Hom sal laat buig en Christus sy voete op hulle sal sit.
HEBREËRS 10:11-13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En elke priester staan wel dag vir dag om die diens waar te neem en dikwels dieselfde slagoffers te bring wat tog nooit die sondes kan wegneem nie; maar Hy het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan die regterhand van God en wag nou verder totdat sy vyande gemaak is 'n voetbank van sy voete.
HEBREËRS 10:11-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Verder, elke priester staan dag vir dag sy diens en verrig, en bring elke keer weer dieselfde offers, wat tog nooit die sondes kan wegneem nie. Maar Jesus Christus het één offer vir die sondes gebring en vir altyd aan die regterhand van God gaan sit. Nou wag Hy daar totdat sy vyande aan Hom onderwerp is.
HEBREËRS 10:11-13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Elke priester staan wel dag vir dag en diens doen, en bring oor en oor dieselfde offers, wat nooit in staat is om sondes weg te neem nie; maar toe Christus vir altyd een offer ter wille van sondes gebring het, het Hy aan die regterhand van God gaan sit. Sedertdien wag Hy totdat sy vyande 'n voetbank vir sy voete gemaak word.
HEBREËRS 10:11-13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En elke priester staan daagliks en bedien en bring dikwels dieselfde offers, wat nooit die sondes kan wegneem nie. Maar hierdie man, nadat hy een offer vir die sondes vir ewig gebring het, het gaan sit aan die regterhand van God; Verwag van nou af totdat sy vyande sy voetbank gemaak word.
HEBREËRS 10:11-13 Die Boodskap (DB)
Die priesters sloof hulle elke dag met dieselfde ou offers af. Hulle doen dit dagin en daguit. Die offers kan tog nooit maak dat God nie meer die verkeerde dinge raaksien wat mense doen nie. Maar met Christus is dit baie anders. Hy het net een enkele offer gebring en dit was genoeg vir altyd. Daarna het Hy op die ereplek by God in die hemel gaan sit. Daar sit Hy en wag dat God al sy vyande magteloos voor Hom op die grond gaan gooi.
HEBREËRS 10:11-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Onder die ou verbond staan elke priester dag vir dag op diens en bring hy oor en oor dieselfde offers wat tog nooit die sondes kan wegneem nie. Maar ons Hoofpriester het vir die sondes net een offer vir alle tye gebring en daarna op die ereplek aan die regterhand van God gaan sit. Nou wag Hy daar totdat God sy vyande volledig aan Hom onderwerp het.