HEBREËRS 10:1
HEBREËRS 10:1 Bybel vir almal (ABA)
Want die Wette van Moses is soos 'n skaduwee van die goeie dinge wat sal kom. Die wette is minder belangrik. Die wette het nie gewys dat hulle die goeie dinge self is nie. Die priesters bring elke jaar dieselfde offers, hulle hou nie op om dit te doen nie, maar hierdie offers kan nooit die mense heeltemal reinig wat na God toe kom om Hom te dien nie.
HEBREËRS 10:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
WANT die wet, wat 'n skaduwee het van die toekomstige weldade, nie die beeld self van die dinge nie, kan nooit deur dieselfde offers wat jaar na jaar gedurig gebring word, die wat toetree, tot volmaaktheid lei nie.
HEBREËRS 10:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die wet van Moses is slegs 'n skadubeeld van die weldade wat sou kom, nie 'n werklike beeld daarvan nie. Voortdurend, jaar na jaar, word dieselfde offers gebring, en tog kan die wet dié wat die offers bring, nooit volkome van sonde vrymaak nie.
HEBREËRS 10:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die wet bevat immers net 'n afskaduwing van die toekomstige goeie dinge, nie 'n presiese weergawe daarvan nie. Daarom kan dit nooit deur dieselfde offers, wat onophoudelik jaar ná jaar gebring word, diegene wat kom aanbid, tot volmaaktheid bring nie.
HEBREËRS 10:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want die wet wat 'n skaduwee het van toekomstige goeie dinge, en nie die beeld self van die dinge nie, kan nooit met daardie offers wat hulle jaar na jaar gedurig gebring het, die wat daartoe kom, volmaak maak nie.
HEBREËRS 10:1 Die Boodskap (DB)
Die ou wet het ons maar net ’n vae idee gegee van al die wonderlike dinge wat God nog vir ons sou doen. Dit was soos ’n skaduwee wat ’n mens waarsku dat die regte persoon op pad is. Dag na dag, jaar na jaar, het mense dieselfde offers gebring, maar dit kon nie hulle saak met God heeltemal regmaak nie.
HEBREËRS 10:1 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die offerstelsel onder die wet van Moses is maar net ’n skadubeeld van die goeie dinge wat sou kom, nie ’n lewensgetroue weergawe daarvan nie. Die offers onder die ou stelsel is oor en oor herhaal, van jaar tot jaar, maar hulle kon dié wat hulle gebring het, nooit heeltemal reinig nie.