HEBREËRS 1:9 - Compare All Versions

HEBREËRS 1:9 ABA (Bybel vir almal)

U was lief vir wat reg is en U het gehaat wat verkeerd is. Daarom, o God, het u God vir U gesalf en Hy het vir U meer vreugde gegee as vir ander konings.

HEBREËRS 1:9 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

U het geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid gehaat; daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle

HEBREËRS 1:9 AFR83 (Afrikaans 1983)

U het die reg lief en U haat die onreg. Daarom het God, u God, U onder groot vreugde tot Koning gesalf bo u tydgenote.”

HEBREËRS 1:9 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

U het •geregtigheid lief, en U haat wetteloosheid; daarom, o God, het u God U gesalf met olie van vreugde, meer as u vriende.”

HEBREËRS 1:9 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

U het geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid gehaat; daarom het God, jou God, jou gesalf met vreugde-olie bo jou metgeselle.

HEBREËRS 1:9 DB (Die Boodskap)

U hou van dinge wat reg is en wil niks te doen hê met dinge wat verkeerd is nie. God het U gevra om oor alles te heers, terwyl almal baie bly was daaroor. Nie een van die ander wat saam met U daar was, het ’n kans gestaan nie.”

HEBREËRS 1:9 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

U het lief wat reg is en U haat wat verkeerd is. Daarom het, o God, u God U met jubelende vreugde tot koning gesalf – ver verhewe bo almal saam met U.”