HEBREËRS 1:12
HEBREËRS 1:12 Bybel vir almal (ABA)
en U sal hulle opvou soos klere, soos wanneer 'n mens ou klere uittrek en nuwe klere aantrek. Maar U bly altyd dieselfde, en U lewe vir altyd.
HEBREËRS 1:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en soos 'n mantel sal U hulle toerol, en hulle sal verander word, maar U is dieselfde, en u jare het geen einde nie.
HEBREËRS 1:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
soos klere sal U dit oprol; ja, soos 'n kledingstuk sal dit vervang word. Maar U, U bly dieselfde, en u jare het geen einde nie.”
HEBREËRS 1:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
en soos 'n mantel sal U hulle oprol; soos 'n kledingstuk sal hulle vervang word, maar U bly dieselfde, en u jare sal nie tot 'n einde kom nie.”
HEBREËRS 1:12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En as 'n kleed moet jy hulle toevou, en hulle sal verander word; maar jy is dieselfde, en jou jare sal nie ophou nie.