HEBREËRS 1:10-12
HEBREËRS 1:10-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
En verder: “O Here, U het heel aan die begin die fondamente van die aarde gelê, en die hemele is u handewerk. Hierdie dinge sal vergaan, maar U bly vir altyd. Hulle sal almal soos klere verslete raak. Soos ’n oorkleed sal U hulle oprol; soos ’n bo-kleed sal hulle verander word. Maar U bly steeds Uself en U leef vir altyd.”
HEBREËRS 1:10-12 Bybel vir almal (ABA)
En God het ook gesê: U, o Here, het lank gelede die aarde vas laat staan, U het self die hemel gemaak. Die aarde en die hemel sal verdwyn, maar U sal altyd daar wees. Hulle sal word soos ou klere, en U sal hulle opvou soos klere, soos wanneer 'n mens ou klere uittrek en nuwe klere aantrek. Maar U bly altyd dieselfde, en U lewe vir altyd.
HEBREËRS 1:10-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en: U, o Here, het in die begin die aarde gegrondves en die hemele is werke van u hande. Hulle sal vergaan, maar U bly; en hulle sal almal soos 'n kleed verslyt, en soos 'n mantel sal U hulle toerol, en hulle sal verander word, maar U is dieselfde, en u jare het geen einde nie.
HEBREËRS 1:10-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
En verder: “U, Here, het in die begin die aarde gevestig, en ook die hemel is die werk van u hande. Dié dinge sal vergaan, maar U bly bestaan; soos 'n kledingstuk sal alles verslyt; soos klere sal U dit oprol; ja, soos 'n kledingstuk sal dit vervang word. Maar U, U bly dieselfde, en u jare het geen einde nie.”
HEBREËRS 1:10-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En: “U het aan die begin, o Here, die aarde se fondamente gegrondves, en die hemele is die werk van u hande. Hulle sal vergaan, maar U bly bestaan. Soos 'n kledingstuk sal hulle almal verslyt, en soos 'n mantel sal U hulle oprol; soos 'n kledingstuk sal hulle vervang word, maar U bly dieselfde, en u jare sal nie tot 'n einde kom nie.”
HEBREËRS 1:10-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En: U, Here, het in die begin die aarde gelê; en die hemele is die werke van u hande. Hulle sal omkom; maar jy bly; en hulle sal almal oud word soos 'n kleed; En as 'n kleed moet jy hulle toevou, en hulle sal verander word; maar jy is dieselfde, en jou jare sal nie ophou nie.
HEBREËRS 1:10-12 Die Boodskap (DB)
God sê nog ander dinge ook oor sy Seun. Hy sê: “Here, U het alles begin. U het die aarde gemaak. Met u hande het U die hemel sy vorm gegee. Al hierdie dinge sal eendag vergaan en nie meer daar wees nie. Soos ’n stuk klere stukkend gaan en uiteindelik weggegooi word, so sal al dié dinge ook eendag verdwyn, maar U sal vir altyd daar wees. Soos klere sal U alles wat gemaak is, opvou en iets anders in die plek daarvan sit. U bly egter vir ewig en altyd dieselfde. U word nooit oud nie en sal ook nooit doodgaan nie.”