HEBREËRS 1:1 - Compare All Versions
HEBREËRS 1:1 ABA (Bybel vir almal)
God het lank gelede baie maal en op baie maniere gepraat met ons voorouers. Hy het verskillende profete na hulle toe gestuur.
HEBREËRS 1:1 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
NADAT God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun
HEBREËRS 1:1 AFR83 (Afrikaans 1983)
In die verlede het God baie keer en op baie maniere met ons voorvaders gepraat deur die profete
HEBREËRS 1:1 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
In die ou tyd het God baie keer en op baie maniere met ons voorvaders gepraat deur die profete
HEBREËRS 1:1 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
God, wat op baie tye en op verskillende maniere in die verlede tot die vaders gespreek het deur die profete
HEBREËRS 1:1 DB (Die Boodskap)
Deur die jare heen het God nie stilgebly nie. Hy het gedurig met ons voorouers gepraat deur spesiale boodskappers te stuur en ook nog op baie ander maniere.
HEBREËRS 1:1 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Vroeër het God dikwels en op baie maniere deur die profete met ons voorvaders gepraat.