HABAKUK 3:18-19
HABAKUK 3:18-19 Bybel vir almal (ABA)
Maar ek is bly. Ek juig oor alles wat die Here doen, Hy is die God wat my red. Die Here maak my sterk. Hy help my om veilig te loop oor hoë berge, so maklik soos 'n ribbok daar loop.
HABAKUK 3:18-19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil. Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. Vir die musiekleier op snaarinstrumente.
HABAKUK 3:18-19 Afrikaans 1983 (AFR83)
nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder. Die Here my God gee vir my krag. Hy maak my voete soos dié van 'n ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig loop.
HABAKUK 3:18-19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
nogtans sal ek jubel in die HERE, sal ek juig in die God wat my verlos. Die HERE, my Heer, is my krag, Hy maak my voete soos wildsbokke, op my hoë plekke laat Hy my loop.
HABAKUK 3:18-19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar ek sal jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil. Die HERE God is my sterkte, en Hy sal my voete maak soos dié van herte, en Hy sal my laat loop op my hoogtes. Aan die hoofsanger op my snaarinstrumente.
HABAKUK 3:18-19 Die Boodskap (DB)
sal ek die Here met ’n hart vol blydskap dien. Ek het al ervaar hoe die Here my uit moeilike omstandighede red. Die Here wat as koning regeer, gee vir my die krag wat ek nodig het. Hy maak dit vir my moontlik om probleme sonder moeite te kan hanteer. (’n Nota vir die afrigter van die koor: Snaarinstrumente moet saam met die gebed gespeel word).
HABAKUK 3:18-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
tog, ten spyte van alles, sal ek my verbly in die HERE! Ek sal juig oor God wat my verlos! Die oppermagtige HERE is my krag! Hy maak my voete soos dié van ’n ribbok; op hoë plekke laat Hy my veilig loop. (Vir die musiekleier: Die psalm moet met snaarinstrumente begelei word.)