GENESIS 6:14 - Compare All Versions

GENESIS 6:14 ABA (Bybel vir almal)

Jy moet 'n ark maak van hout. Jy moet kamers in die ark maak en jy moet teer binne en buite aan die hout verf. Die teer sal die hout dig toemaak sodat die water nie kan inkom nie.

GENESIS 6:14 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Maak vir jou 'n ark van goferhout. Met afdelings moet jy die ark maak en dit binne en buite met pik bestryk.

GENESIS 6:14 AFR83 (Afrikaans 1983)

“Maak vir jou 'n ark van goferhout. Jy moet vertrekke in die ark maak en dit binne en buite met pik dig maak.

GENESIS 6:14 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Maak vir jou 'n ark van goferhout. Jy moet die ark maak met verskillende ruimtes en dit van binne en van buite met pik bestryk.

GENESIS 6:14 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Maak vir jou 'n ark van goferhout; kamers moet jy in die ark maak en dit van binne en van buite met pik smeer.

GENESIS 6:14 DB (Die Boodskap)

“Bou nou vir jou ’n boot van goferhout. Maak aan die binnekant sommer ’n klomp kamers. Sorg dat jy alles waterdig maak. Smeer dit binne en buite goed met pik.

GENESIS 6:14 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Jy moet ’n groot ark van goferhout maak met verskillende vertrekke binne-in. Verseël dit binne en buite met teer.