GENESIS 43:32
GENESIS 43:32 Bybel vir almal (ABA)
Josef se slawe het sy kos altyd apart bedien by sy eie tafel. Josef se broers het ook by hulle eie tafel gesit. Die Egiptenaars wat by Josef geëet het, het hulle kos ook apart gekry, want die Egiptenaars eet nie saam met Hebreërs nie. Hulle sal dit nooit doen nie, want hulle dink dit is baie verkeerd.
GENESIS 43:32 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe bring hulle dit vir hom besonders op en vir hulle besonders en vir die Egiptenaars wat by hom eet, besonders; want die Egiptenaars mag nie saam met die Hebreërs eet nie, omdat dit vir die Egiptenaars 'n gruwel is.
GENESIS 43:32 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle het vir Josef afsonderlik bedien en so ook die broers en die Egiptenaars wat daar by hulle geëet het, want die Egiptenaars het 'n afsku daarvan om dieselfde kos as die Hebreërs te eet.