GENESIS 42:16
GENESIS 42:16 Bybel vir almal (ABA)
Een van julle moet julle broer gaan haal, maar julle ander moet hier in die tronk bly. So sal ek uitvind of julle die waarheid praat of nie. Julle is spioene, so seker soos die farao lewe.”
GENESIS 42:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Stuur een van julle, dat hy julle broer gaan haal, maar júlle moet in die gevangenis bly. So sal dan julle woorde getoets word, of die waarheid by julle is of nie. So waar as Farao leef, julle is spioene!
GENESIS 42:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Stuur een van julle om hom te gaan haal. Julle ander sal gevange gehou word. So sal ek vasstel of julle die waarheid praat of nie. So seker as die farao leef: Julle is spioene.”
GENESIS 42:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Stuur een van julle, sodat hy julle broer gaan haal. Maar julle bly in aanhouding, sodat julle woorde getoets kan word of julle by die waarheid hou. En indien nie – so waar as die farao leef – dan is julle spioene.”
GENESIS 42:16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Stuur een van julle en laat hom julle broer haal, en julle sal in die gevangenis gehou word, sodat julle woorde getoets kan word of daar enige waarheid in julle is