GENESIS 38:18
GENESIS 38:18 Die Boodskap (DB)
Juda het haar gevra: “Wat wil jy hê moet ek los?” “Jou seëlring met sy kettinkie en jou kierie,” het sy gesê. Hy het dit vir haar gegee en by haar gaan slaap. Tamar het toe ’n kind by hom verwag.
GENESIS 38:18 Bybel vir almal (ABA)
Hy vra toe: “Watter bewys wil jy hê? Wat moet ek vir jou gee?” En sy sê: “Jou seël met sy toutjie, en die kierie wat in jou hand is.” Hy het dit vir haar gegee. Juda het seks gehad met haar, en sy het swanger geword.
GENESIS 38:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hy sê: Wat is die pand wat ek jou moet gee? Toe antwoord sy: Jou seëlring met die bandjie en jou staf wat in jou hand is. Hy gee dit toe aan haar en gaan by haar in, en sy het by hom swanger geword.
GENESIS 38:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe vra hy: “Wat se pand kan ek jou gee?” Sy het geantwoord: “Jou seëlring met die ketting en jou kierie.” Hy het dit vir haar gegee en met haar gemeenskap gehad en sy het swanger geword.
GENESIS 38:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy vra toe: “Wat is die pand wat ek vir jou moet gee?” Sy het geantwoord: “Jou rolseël en koord en die staf in jou hand.” Hy het dit vir haar gegee en by haar ingegaan, en sy het van hom swanger geword.