GENESIS 37:10
GENESIS 37:10 Bybel vir almal (ABA)
Hy het vir sy pa en sy broers vertel wat hy gedroom het. Sy pa het toe met hom geraas en hy het vir Josef gesê: “Wat droom jy? Dit is nie reg dat ek en jou ma en jou broers voor jou moet kom buig nie.”
GENESIS 37:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe hy dit aan sy vader en sy broers vertel, het sy vader hom hard bestraf en aan hom gesê: Wat is dit vir 'n droom wat jy gehad het? Moet ons werklik kom, ek en jou moeder en jou broers, om ons voor jou na die aarde neer te buig?
GENESIS 37:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe hy dit vir sy pa en sy broers vertel, het sy pa hom berispe en vir hom gesê: “Wat vir 'n soort droom is dit wat jy gehad het? Verbeel jy jou ek en jou ma en jou broers moet voor jou kom buig?”
GENESIS 37:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe hy dit vir sy vader en sy broers vertel, het sy vader hom tereggewys en vir hom gesê: “Wat is hierdie droom wat jy gehad het? Moet ons, ek en jou ma en jou broers, regtig kom en teen die grond diep voor jou neerbuig?”
GENESIS 37:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het dit aan sy vader en sy broers vertel, en sy vader het hom bestraf en vir hom gesê: Wat is hierdie droom wat jy gedroom het? Sal ek en jou moeder en jou broers werklik kom om ons voor jou na die aarde neer te buig?