GENESIS 36:43
GENESIS 36:43 Bybel vir almal (ABA)
Magdiël en Iram. Hulle was almal stamhoofde van Edom. Die woonplekke het dieselfde name as die leiers gehad. Esau was die stamvader van die Edomiete.
GENESIS 36:43 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
die stamhoof Mágdiël, die stamhoof Iram. Dit is die stamhoofde van Edom, volgens hulle verblyfplekke in die land van hulle besitting. Dit is Esau, die stamvader van die Edomiete.
GENESIS 36:43 Afrikaans 1983 (AFR83)
Magdiël en Iram. Dit is die name van die stamhoofde van Edom volgens hulle woonplekke in die land waar hulle besittings gehad het. Esau was die voorvader van Edom.
GENESIS 36:43 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
stamhoof Magdiël, en stamhoof Iram. Dit was die stamhoofde van Edom, volgens hulle woonplekke, in die gebied van hulle erfgrond. Dit was dan Esau, die voorvader van die Edomiete.
GENESIS 36:43 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hertog Magdiël, hertog Iram: dit is die vorste van Edom, volgens hulle woonplekke in die land van hulle besitting: hy is Esau, die vader van die Edomiete.