GENESIS 29:33
GENESIS 29:33 Bybel vir almal (ABA)
Later het sy weer swanger geword en sy het nog 'n seun gekry. Toe sê sy: “Die Here het gesien dat Jakob minder lief is vir my, en Hy het vir my ook hierdie seun gegee.” Daarom het sy hom Simeon genoem.
GENESIS 29:33 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En sy het weer bevrug geword en 'n seun gebaar en gesê: Gewis, die HERE het gehoor dat ek die nie-geliefde is en my hierdie een ook gegee. En sy het hom Símeon genoem.
GENESIS 29:33 Afrikaans 1983 (AFR83)
Lea het weer swanger geword en 'n seun in die wêreld gebring en sy het gesê: “Die Here het gehoor dat ek nie liefde ontvang nie. Daarom het Hy my hierdie seun gegee.” Sy het hom Simeon genoem.
GENESIS 29:33 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Sy het weer swanger geword en aan 'n seun geboorte gegee. Toe sê sy: “Ja, die HERE het gehoor dat ek die nie-geliefde is, want Hy het my ook hierdie seun gegee.” En sy het hom Simeon genoem.
GENESIS 29:33 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En sy het weer bevrug geword en 'n seun gebaar; en gesê: Omdat die HERE gehoor het dat ek gehaat is, het Hy my ook hierdie seun gegee; en sy het hom Símeon genoem.