GENESIS 27:46 - Compare All Versions
GENESIS 27:46 ABA (Bybel vir almal)
Rebekka het vir Isak gesê: “Ek het nou genoeg gehad van die twee Hetitiese vroue van Esau. As Jakob ook 'n Hetitiese vrou neem soos hierdie skoondogters, dan wil ek nie meer lewe nie.”
GENESIS 27:46 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Verder sê Rebekka vir Isak: Ek is moeg vir my lewe vanweë die dogters van Het. As Jakob 'n vrou neem uit die dogters van Het, soos húlle is, uit die dogters van die land — waarvoor lewe ek dan?
GENESIS 27:46 AFR83 (Afrikaans 1983)
Rebekka het vir Isak gesê: “Ek is nou siek en sat van hierdie Hetitiese vrouens van Esau. As Jakob ook met Hetitiese meisies trou, met meisies soos hulle uit hierdie land, kan ek net so wel sterf.”
GENESIS 27:46 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Rebekka het vir Isak gesê: “Ek het 'n weersin in my lewe as gevolg van hierdie Hetitiese vroumense. As Jakob uit die Hetitiese vroue, uit die vroue van die land, 'n vrou neem soos hierdie twee – waarvoor leef ek dan?”
GENESIS 27:46 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê Rebekka vir Isak: Ek is moeg vir my lewe vanweë die dogters van Het
GENESIS 27:46 DB (Die Boodskap)
Rebekka was baie bitter oor Esau se vroue. Sy het dit ook reguit vir Isak gesê: “Hierdie Hetitiese vroue vergal my lewe. As Jakob ook nog met ’n Hetitiese meisie moet trou, met een van dié land se vroue, sal dit vir my bitter sleg wees.”
GENESIS 27:46 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Rebekka praat toe met Isak: “Ek is nou moeg van hierdie plaaslike Hetitiese vroue. Ek sal liewer sterf as dat Jakob ook met een van hulle trou.”