GENESIS 27:42
GENESIS 27:42 Bybel vir almal (ABA)
Die slawe het vir Rebekka vertel wat haar oudste seun gesê het, en sy het iemand gestuur om vir Jakob te roep. Sy het vir hom gesê: “Pasop! Jou broer Esau is so kwaad dat hy jou wil doodmaak.
GENESIS 27:42 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar toe hulle aan Rebekka die woorde van Esau, haar oudste seun, vertel, stuur sy en laat Jakob, haar jongste seun, roep en sê vir hom: Kyk, jou broer Esau sal hom op jou wreek deur jou dood te maak.
GENESIS 27:42 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar is aan Rebekka vertel wat haar oudste seun gesê het. Sy het toe haar jongste seun Jakob laat roep en vir hom gesê: “Pas op! Jou broer Esau is op wraak uit. Hy wil jou vermoor.
GENESIS 27:42 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe Rebekka ingelig is oor die woorde van haar oudste seun Esau, het sy haar jongste seun Jakob laat roep en vir hom gesê: “Kyk, jou broer Esau wil hom op jou wreek deur jou dood te maak.
GENESIS 27:42 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hierdie woorde van Esau, haar oudste seun, is aan Rebekka vertel, en sy het gestuur en Jakob, haar jongste seun, geroep en vir hom gesê: Kyk, jou broer Esau, wat jou aanraak, troos homself met die bedoeling om jou dood te maak.