GENESIS 27:37
GENESIS 27:37 Bybel vir almal (ABA)
Isak het vir Esau gesê: “Ek het klaar gesê Jakob sal jou hoof wees. Jakob se hele familie sal hom dien. Ek het hom geseën, en hy sal altyd baie koring en wyn hê. My seun, wat is daar nog wat ek vir jou kan gee?”
GENESIS 27:37 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe antwoord Isak en sê vir Esau: Kyk, ek het hom as heerser oor jou gestel en aan hom al sy broers as dienaars gegee; en ek het hom met koring en mos versorg. Wat kan ek dan nou vir jóú doen, my seun?
GENESIS 27:37 Afrikaans 1983 (AFR83)
Isak het vir hom gesê: “Ek het hom alreeds aangestel om oor jou te heers en ek het sy hele familie vir hom as onderdane gegee. Ek het hom van koring en wyn voorsien. Daar is niks wat ek vir jou kan doen nie, my seun.”
GENESIS 27:37 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Isak het geantwoord en vir Esau gesê: “Kyk, ek het hom as heerser oor jou aangestel, en ek het al sy broers vir hom as dienaars gegee. Koring en nuwe wyn het ek vir hom voorsien. Wat kan ek dan nog vir jou doen, my seun?”
GENESIS 27:37 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe het Isak geantwoord en vir Esau gesê: Kyk, ek het hom jou heer gemaak, en al sy broers het ek aan hom as dienaars gegee; en met koring en wyn het Ek hom onderhou; en wat moet ek nou met jou doen, my seun?
GENESIS 27:37 Die Boodskap (DB)
Isak het Esau geantwoord: “Ek het nie iets vir jou nie, my kind. Ek het klaar gesê hy sal soos ’n ouer broer oor jou regeer en dat jou familie nog eendag vir hom sal werk. Ek het ook klaar gesê dat hy die lekker dinge van die lewe sal geniet. Wat kan ek vir jou doen, my seun?”