GENESIS 27:20
GENESIS 27:20 Bybel vir almal (ABA)
Toe vra Isak vir sy seun: “Hoe het jy so gou 'n bok gekry, my seun?” En Jakob antwoord: “Die Here, Pa se God, het my gehelp om gou 'n bok te kry.”
GENESIS 27:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarop het Isak aan sy seun gesê: Hoe het jy dit so gou gekry, my seun? En hy antwoord: Omdat die HERE u God dit my laat teëkom het.
GENESIS 27:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar Isak het vir hom gevra: “Hoe het jy dan die wild so gou gekry, my seun?” en Jakob het geantwoord: “Die Here u God het my dit laat raakloop.”
GENESIS 27:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe vra Isak vir sy seun: “Maar hoe het jy dit dan so gou gekry, my seun?” Hy het geantwoord: “Omdat die HERE u God dit vir my so laat gebeur het.”
GENESIS 27:20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê Isak vir sy seun: Hoe het jy dit so gou gekry, my seun? En hy sê: Omdat die HERE jou God dit vir my gebring het.