GENESIS 23:18
GENESIS 23:18 Bybel vir almal (ABA)
Dit het Abraham se grond geword. Al die Hetiete wat by die stad se poort was, het gesien dat Abraham daarvoor betaal het.
GENESIS 23:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
die eiendom van Abraham geword voor die oë van die seuns van Het, voor almal wat in die poort van sy stad ingegaan het.
GENESIS 23:17-18 Afrikaans 1983 (AFR83)
So het die stuk grond van Efron in Makpela waarop die grot is en wat oos van Mamre geleë is, Abraham se eiendom geword in die teenwoordigheid van die Hetiete en almal wat by die stadspoort inkom: die grond met die grot daarop en al die bome op die grond, sover as die grense daarvan gestrek het.
GENESIS 23:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
na Abraham as gekoopte eiendom, ten aanskoue van die Hetiete, almal wat by die dorpspoort ingaan.
GENESIS 23:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Aan Abraham as 'n besitting voor die kinders van Het, voor almal wat by die poort van sy stad ingegaan het.