GENESIS 23:13
GENESIS 23:13 Bybel vir almal (ABA)
en hy sê vir Efron sodat almal dit kan hoor: “Luister asseblief na my. Ek sal betaal vir die grond. Neem my geld sodat ek my vrou daar kan begrawe.”
GENESIS 23:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en met Efron gespreek voor die ore van die volk van die land: Ja, as dit u is, ag, luister na my! Ek gee die geld vir die stuk grond; neem dit van my aan, dat ek my dode daar kan begrawe.
GENESIS 23:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
en waar hulle almal dit kon hoor, het hy vir Efron gesê: “Nee, luister tog maar na my! Ek betaal die volle prys vir die grond. Vat die geld by my, sodat ek my vrou daar kan begrawe.”
GENESIS 23:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
en ten aanhore van die mense van die land met Efron gepraat: “As u maar net asseblief na my sal luister! Ek betaal vir die grond. Aanvaar dit van my, sodat ek my oorlede vrou daar kan begrawe.”
GENESIS 23:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het met Efron gespreek voor die ore van die volk van die land en gesê: Maar as jy dit wil gee, luister tog na my. Ek sal jou geld gee vir die land; neem dit van my af, en ek sal my dooies daar begrawe.