GENESIS 22:16-17
GENESIS 22:16-17 Bybel vir almal (ABA)
en gesê: “Jy het gedoen wat Ek gevra het. Jy het nie geweier om jou seun te offer nie. Daarom belowe Ek, die Here, dat Ek jou baie sal seën. Ek sal jou nageslag baie maak, so baie soos die sterre in die lug en so baie soos die sand langs die see. Jou nageslag sal hulle vyande se stede oorwin.
GENESIS 22:16-17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en sê: Ek sweer by Myself, spreek die HERE, omdat jy dit gedoen het en jou seun, jou enigste, nie teruggehou het nie, dat Ek jou ryklik sal seën en jou nageslag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is; en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem.
GENESIS 22:16-17 Afrikaans 1983 (AFR83)
en gesê: “Dit is Ek, die Here, wat praat. Ek lê 'n eed af by Myself dat Ek jou baie sal seën oor wat jy gedoen het: jy het nie geweier om jou seun, jou enigste seun, aan My te offer nie. Ek sal jou vrugbaar maak en jou nageslag so baie maak soos die sterre aan die hemel en soos die sand van die see. Jou nageslag sal die stede van sy vyande in besit neem.
GENESIS 22:16-17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
en gesê: “By Myself sweer Ek,” is die uitspraak van die HERE, “omdat jy dit gedoen het en nie jou seun, jou enigste, van My teruggehou het nie, sal Ek jou ryklik seën, en jou nageslag so geweldig vermeerder soos die sterre aan die hemelruim en soos die sand wat langs die seestrand is. Jou nageslag sal die stadspoorte van hulle vyande in besit neem.
GENESIS 22:16-17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
en gesê: By Myself het Ek gesweer, spreek die HERE, want omdat jy hierdie ding gedoen het en jou seun, jou enigste, nie teruggehou het nie; Ek sa jou seën en jou nageslag sal vermenigvuldig soos die sterre van die hemel en soos die sand wat op die seestrand is; en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem
GENESIS 22:16-17 Die Boodskap (DB)
“Vandag was jy bereid om hierdie lieflingskind van jou te offer; daarom beloof Ek jou dat Ek jou sal seën. Jou kinders sal so baie wees soos die sterre in die hemel en die sand van die see. Jou kinders sal ook nog eendag hulle vyande se sterk stede oorneem.
GENESIS 22:16-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Die HERE sê: ‘Omdat jy My gehoorsaam het en nie eens jou geliefde seun van My weerhou het nie, neem Ek ’n eed dat Ek jou oorvloedig sal seën. Ek sal jou nageslag vermenigvuldig tot ’n ontelbare menigte, soos die sterre aan die hemel en die sand aan die see en hulle sal hulle vyande oorwin.