GENESIS 21:6-7
GENESIS 21:6-7 Bybel vir almal (ABA)
Sara het gesê: “Die mense sal nou lag oor wat God met my gedoen het. Almal wat van Isak hoor, sal vir my lag. Niemand sou voorheen vir Abraham gesê het dat kinders aan my bors sou drink nie, maar ek en Abraham het 'n seun gekry toe hy al oud was.”
GENESIS 21:6-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Sara het gesê: 'n Gelag het God my berei: elkeen wat dit hoor, sal oor my lag. Verder sê sy: Wie kon ooit aan Abraham voorspel het: Sara soog kinders? Want ek het 'n seun gebaar in sy ouderdom.
GENESIS 21:6-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Sara het toe gesê: “God het gemaak dat mense vir my lag: elkeen wat van Isak hoor, sal vir my lag.” Sy het verder nog gesê: “Wie sou vir Abraham kon sê dat Sara seuns aan haar bors sal voed? Ek het in sy ouderdom 'n seun in die wêreld gebring.”
GENESIS 21:6-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Sara het gesê: “'n Lag het God vir my beskik. Elkeen wat dit hoor, sal my toelag.” Verder sê sy: “Wie sou vir Abraham kon aankondig, ‘Sara laat kinders aan haar drink’? Want ek het vir hom op sy ouderdom 'n seun in die wêreld gebring.”
GENESIS 21:6-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Sara sê: God het my laat lag, sodat almal wat dit hoor, saam met my kan lag. En sy sê: Wie sou vir Abraham gesê het dat Sara die kinders moes soog? want Ek het vir hom 'n seun in sy ouderdom gebore.