GENESIS 21:30
GENESIS 21:30 Die Boodskap (DB)
Abraham het geantwoord: “Met hierdie skaaplammers wat ek jou gee, wil ek vir jou sê dat ek self hierdie put gegrawe het en dat dit myne is.”
GENESIS 21:30 Bybel vir almal (ABA)
Abraham het geantwoord: “Jy moet hierdie sewe lammers van my neem. As jy dit neem, dan sal dit beteken jy weet dat dit ek is wat hierdie put gegrawe het, nie jou manne nie.”
GENESIS 21:30 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hy antwoord: Die sewe ooilammers moet jy uit my hand aanneem, sodat dit vir my 'n getuienis kan wees dat ek hierdie put gegrawe het.
GENESIS 21:30 Afrikaans 1983 (AFR83)
Abraham het geantwoord: “Jy moet hierdie sewe lammers by my vat en daarmee erken dat ek hierdie put gegrawe het.”
GENESIS 21:30 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het geantwoord: “Ek doen dit omdat jy sewe ooilammers uit my hand moet aanvaar, sodat dit vir my as getuienis kan dien dat ek hierdie put gegrawe het.”