GENESIS 21:22 - Compare All Versions

GENESIS 21:22 AFR83 (Afrikaans 1983)

Destyds het Abimelek en Pikol, die bevelvoerder van sy leër, na Abraham toe gegaan, en Abimelek het vir hom gesê: “God is by jou in alles wat jy aanpak.

GENESIS 21:22 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

IN dié tyd het Abiméleg en Pigol, sy leërowerste, met Abraham gespreek en gesê: God is met jou in alles wat jy doen.

GENESIS 21:22 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Omstreeks hierdie tyd kom Abimelek en Pikol, die bevelvoerder van sy leër, op besoek by Abraham. “Dit is baie duidelik dat God jou help in alles wat jy doen,” sê Abimelek.

GENESIS 21:22 DB (Die Boodskap)

Ongeveer dieselfde tyd het Abimelek en sy leërhoof, Pikol, Abraham besoek en gesê: “Abraham, God is altyd naby aan jou. Wat jy ook al doen, Hy is by jou.

GENESIS 21:22 ABA (Bybel vir almal)

In daardie tyd het koning Abimelek en Pikol, die hoof van sy leër, vir Abraham gesê: “God help jou met alles wat jy doen.

GENESIS 21:22 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

In daardie tyd het Abimeleg en Pigol, die bevelvoerder van sy leër, vir Abraham gesê: “God is met jou in alles wat jy doen.

GENESIS 21:22 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En in dié tyd het Abimeleg en Pikol, die owerste van sy leër, met Abraham gespreek en gesê: God is met jou in alles wat jy doen.