GENESIS 21:17
GENESIS 21:17 Bybel vir almal (ABA)
God het gehoor dat die seun huil. Die Engel van God het uit die hemel met Hagar gepraat en Hy het vir haar gevra: “Wat is fout, Hagar? Moenie bang wees nie, want God het gehoor dat die seun huil daar waar hy lê.
GENESIS 21:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe hoor God die stem van die seun, en die Engel van God het na Hagar geroep uit die hemel en haar gevra: Wat is dit met jou, Hagar? Wees nie bevrees nie, want God het na die stem van die seun geluister op die plek waar hy is.
GENESIS 21:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
God het die kind hoor huil, en die Engel van God het uit die hemel na Hagar geroep en vir haar gesê: “Wat is dit, Hagar? Moenie bang wees nie, want God het die kind daar waar hy lê, gehoor.
GENESIS 21:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
God het die seun se gehuil gehoor. Toe roep die •Engel van God na Hagar uit die hemel en vra vir haar: “Wat is fout, Hagar? Moenie bang wees nie, want God het die gehuil van die seun, daar waar hy is, gehoor.
GENESIS 21:17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
God het die stem van die seun gehoor; en die engel van God het na Hagar uit die hemel geroep en vir haar gesê: Wat is dit met jou, Hagar? Moet nie vrees nie; want God het die stem van die seun gehoor waar hy is.