GENESIS 19:2
GENESIS 19:2 Bybel vir almal (ABA)
Hy het gesê: “Menere, kom na my huis. Kom bly vannag daar en kom was julle voete. Dan kan julle môre vroeg opstaan en verder gaan.” Maar hulle het vir hom gesê: “Ons sal hier by die poort slaap.”
GENESIS 19:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en gesê: Kyk tog, my here, draai tog uit na die huis van u dienaar en bly die nag oor en was u voete; dan kan u vroeg opstaan en u reis voortsit. Maar hulle antwoord: Nee, ons sal op die plein vernag.
GENESIS 19:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
en gesê: “Welkom, Menere! Kom tog na my huis toe en oornag daar. Julle kan ook julle voete was. Dan kan julle môre vroeg julle reis voortsit.” Maar hulle sê: “Nee, ons sal sommer op die plein oornag.”
GENESIS 19:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy sê toe: “Ag, menere, draai asseblief af na die huis van u dienaar, bly die nag oor en was u voete! U kan vroeg opstaan en op u pad gaan.” Maar hulle het gesê: “Nee, ons sal hier in die oop ruimte oornag.”
GENESIS 19:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy sê: Kyk tog, my HERE, draai tog in die huis van U kneg in en vertoef die hele nag en was U voete, en julle sal vroeg opstaan en julle weë voortgaan. En hulle antwoord: Nee! maar ons sal die hele nag in die straat bly.