GENESIS 18:9-12
GENESIS 18:9-12 Bybel vir almal (ABA)
Hulle vra toe vir hom: “Waar is jou vrou Sara?” en hy antwoord: “Sy is hier in die tent.” Toe sê die Here: “Ek sal volgende jaar dieselfde tyd terugkom na jou toe. Dan sal jou vrou Sara 'n seun hê. Dit is seker.” Sara was agter Abraham by die tent se deur en sy het dit gehoor. Abraham en Sara was altwee baie oud, en Sara was al te oud om kinders te kry. Sara het stilletjies gelag en gedink: Kan ek nou nog lus wees om by 'n man te slaap? Nee, ek is te oud en my man ook.
GENESIS 18:9-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe sê hulle vir hom: Waar is Sara, u vrou? En hy antwoord: Daar in die tent. En Hy sê: Ek sal oor 'n jaar sekerlik weer na jou toe kom — dan sal jou vrou Sara 'n seun hê. En Sara het geluister by die ingang van die tent wat agter Hom was. Maar Abraham en Sara was oud, ver op hulle dae; dit het met Sara nie meer volgens die reël van die vroue gegaan nie. En Sara het by haarself gelag en gedink: Sal ek wellus hê nadat ek oud geword het en my heer oud is?
GENESIS 18:9-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe vra hulle hom: “Waar is jou vrou Sara?” en hy antwoord: “Hier in die tent.” Toe sê die een: “Ek sal beslis volgende jaar hierdie tyd na jou toe terugkom, en dan sal jou vrou Sara 'n seun hê.” Sara het by die tentopening gestaan en afluister, en die een wat gepraat het, was aan die buitekant. Abraham en Sara was albei al baie oud, en Sara was verby die ouderdom van kinders in die wêreld bring, en daarom het sy by haarself gelag en gedink: sal ek nog genot kan hê noudat ek afgeleef is? En dit met my man wat oud is?
GENESIS 18:9-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle het vir hom gevra: “Waar is Sara, jou vrou?” Hy het geantwoord: “Daar in die tent.” Toe sê een: “Ek sal beslis na jou terugkom wanneer die seisoen draai. Kyk, Sara, jou vrou, sal dan 'n seun hê.” Sara het gestaan en luister by die ingang van die tent, wat agter hom was. Abraham en Sara was al oud, gevorderd in jare. Vir Sara het wat maandeliks met vroue gebeur, reeds opgehou. Sy het in haar binneste gelag en gedink: “Kan ek nog seksuele begeertes hê, noudat ek al afgetakel en my man oud is?”
GENESIS 18:9-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hulle sê vir hom: Waar is jou vrou Sara? En hy sê: Kyk, in die tent. En hy het gesê: Ek sal beslis na jou terugkeer volgens die tyd van die lewe; en kyk, jou vrou Sara sal 'n seun hê. En Sara het dit gehoor in die ingang van die tent wat agter hom was. Abraham en Sara was oud en bejaard; en dit het opgehou om by Sara te wees soos vroue. Daarom het Sara by haarself gelag en gesê: Sal ek behae hê as ek oud geword het, terwyl my heer ook oud is?
GENESIS 18:9-12 Die Boodskap (DB)
“Waar is jou vrou, Sara?” het hulle hom gevra. “Daar, daar in die tent,” het hy gesê. Een van hulle sê toe: “As ek volgende jaar op dieselfde tyd weer hier verbykom, sal jou vrou ’n seun hê.” Sara het dit gehoor, want sy het agter hulle in die tent se ingang gestaan. Abraham en Sara was egter al oud en Sara lankal verby die tyd dat ’n mens ’n kind kry. Dit is hoekom sy gelag het toe sy die man oor ’n seun hoor praat het. Sara het vir haarself gesê: “My lyf is al veels te oud vir die genot van die liefde. En boonop is Abraham ook hopeloos te oud.”
GENESIS 18:9-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Waar is Sara, jou vrou?” vra hulle hom. “In die tent,” antwoord Abraham. Toe sê een van hulle: “Omtrent hierdie tyd volgende jaar sal ek weer terugkom. Jou vrou Sara sal dan al ’n seun hê.” Sara het by die ingang van die tent agter hom gestaan en afluister. Omdat sowel Abraham as Sara bejaard was en Sara reeds verby die ouderdom was dat sy kinders kon kry, het sy by haarself gelag. “Hoe kan ’n ou vrou soos ek nog sulke plesier ervaar?” het sy gedink. “En dit nogal met my man wat oud is!”