GENESIS 18:30
GENESIS 18:30 Bybel vir almal (ABA)
Toe sê Abraham: “Asseblief, Here, moenie kwaad word as ek praat nie. Miskien is daar 30 goeie mense.” Die Here het geantwoord: “Ek sal dit nie doen nie as Ek daar 30 goeie mense kry.”
GENESIS 18:30 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Verder sê hy: Laat die Here tog nie toornig wees nie, en mag ek nog iets sê. Miskien sal daar dertig gevind word. En Hy antwoord: Ek sal dit nie doen as Ek daar dertig vind nie.
GENESIS 18:30 Afrikaans 1983 (AFR83)
Abraham sê toe: “Moet tog nie kwaad word as ek nog 'n keer praat nie, Here. Miskien sal daar dertig te kry wees,” en die Here sê: “Ek sal dit nie doen as Ek dertig daar kry nie.”
GENESIS 18:30 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarop sê hy: “My Heer moet tog nie kwaad word nie! Ek wil nog praat; dalk word daar dertig gevind.” Die HERE het gesê: “Ek sal dit nie doen as Ek dertig daar vind nie.”
GENESIS 18:30 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy sê vir hom: Laat die HERE nie toornig wees nie, en ek sal spreek: Miskien sal daar dertig gevind word. En hy sê: Ek sal dit nie doen as ek daar dertig kry nie.