GENESIS 18:17-19
GENESIS 18:17-19 Bybel vir almal (ABA)
Die Here dink toe: Ek sal nie stilbly nie, Ek sal vir Abraham vertel wat Ek wil doen. Abraham se nageslag sal 'n groot en sterk volk word, en al die mense van die aarde sal sy naam gebruik om te bid dat Ek hulle moet seën soos Ek vir Abraham geseën het. Ek het 'n verbond met Abraham gemaak. Hy moet vir sy seuns en sy nageslag sê om gehoorsaam te wees aan My. Hulle moet doen wat Ek wil hê. Dan sal Ek vir Abraham doen wat Ek vir hom belowe het.
GENESIS 18:17-19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarop sê die HERE: Sal Ek vir Abraham verberg wat Ek gaan doen, terwyl Abraham tog sekerlik 'n groot en magtige nasie sal word en al die nasies van die aarde in hom geseën sal word? Want Ek het hom verkies, dat hy aan sy kinders en sy huis ná hom bevel sou gee dat hulle die weg van die HERE moet hou om geregtigheid en reg te doen; sodat die HERE oor Abraham kan bring wat Hy oor hom gespreek het.
GENESIS 18:17-19 Afrikaans 1983 (AFR83)
en toe dink die Here: sal Ek vir Abraham wegsteek wat Ek wil doen? Abraham sal tog 'n groot en sterk nasie word en in hom sal al die nasies van die aarde geseën word. Ek het hom gekies dat hy sy kinders en sy nageslag kan beveel om op my pad te bly deur te doen wat goed en reg is, sodat Ek vir Abraham kan doen wat Ek hom beloof het.
GENESIS 18:17-19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE het gesê: “Sal Ek vir Abraham geheim hou wat Ek gaan doen, terwyl Abraham beslis 'n groot en magtige nasie gaan word, en al die nasies van die aarde deur hom geseënd sal wees? Want Ek het hom gekies, sodat hy opdragte kan gee aan sy kinders en sy huishouding ná hom, en hulle dan by die pad van die HERE kan hou deur te doen wat reg en billik is, sodat die HERE met Abraham kan laat gebeur wat Hy aan hom beloof het.”
GENESIS 18:17-19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê die HERE: Sal Ek vir Abraham verberg wat Ek doen? Sien dat Abraham sekerlik 'n groot en magtige nasie sal word, en al die nasies van die aarde sal in hom geseën word? Want ek ken hom, dat hy sy kinders en sy huis ná hom sal beveel, en hulle sal die weg van die HERE bewaar, om reg en reg te doen; dat die HERE oor Abraham kan bring wat Hy van hom gespreek het.
GENESIS 18:17-19 Die Boodskap (DB)
Terwyl hulle so stap, het die Here gedink: “Sal Ek vir Abraham wegsteek wat Ek met Sodom gaan doen? Abraham se kinders gaan tog ’n groot en sterk nasie word en hulle sal baie mense wees. Al die volke sal Abraham ken; daarom sal dit met hulle goed gaan. Van alle mense het Ek Abraham uitgesoek om my spesiale boodskapper te wees. Hy het nog altyd naby my geleef. Hy sal sy kinders van My vertel en hulle sal ook naby My leef. Hulle sal weet hoe om reg te leef en die regte dinge te doen. Daarom sal Ek nog al my beloftes aan Abraham waar maak.”
GENESIS 18:17-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Ek kan tog nie my voorneme vir Abraham wegsteek nie!” sê die HERE. “Abraham sal sekerlik ’n groot en magtige nasie word, en al die volke op aarde sal in hom geseën word. Ek het hom gekies sodat hy sy seuns en hulle gesinne kan opvoed om aan die HERE gehoorsaam te wees deur te doen wat goed en reg is sodat Ek vir hom alles kan doen wat Ek hom belowe het.”