GENESIS 18:1-2
GENESIS 18:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het aan Abraham verskyn by die bome van Mamre. Abraham het by sy tent se deur gesit. Dit was op die warmste tyd van die dag. Toe hy opkyk, het hy drie mans voor hom gesien staan. Toe hy hulle sien, het hy na hulle toe gehardloop en laag gebuig voor hulle.
GENESIS 18:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
DAARNA het die HERE aan hom verskyn by die terpentynbome van Mamre terwyl hy by die ingang van die tent sit op die warmste van die dag. Toe hy sy oë opslaan en kyk, staan daar drie manne voor hom. En toe hy hulle sien, loop hy hulle tegemoet van die ingang van die tent af en buig hom na die aarde toe.
GENESIS 18:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here het aan Abraham verskyn by die groot bome van Mamre. Terwyl hy op die warmste van die dag by sy tentdeur sit, kyk hy op en sien drie mans daar naby staan. Toe hy hulle sien, het hy van sy tentdeur af na hulle toe gedraf en voor hulle gebuig.
GENESIS 18:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE het aan Abraham verskyn by die akkerbome van Mamre terwyl hy op die hitte van die dag by die ingang van sy tent sit. Toe hy opkyk, sien hy skielik drie mans naby hom staan. Toe hy hulle sien, hardloop hy hulle tegemoet van die ingang van die tent af en buig laag teen die grond.
GENESIS 18:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die HERE het aan hom verskyn in die vlaktes van Mamre, en hy het op die hitte van die dag by die tentdeur gaan sit; En hy slaan sy oë op en kyk, en kyk, drie manne staan by hom; en toe hy hulle sien, hardloop hy hulle tegemoet van die ingang van die tent af en buig hom na die grond.
GENESIS 18:1-2 Die Boodskap (DB)
Op ’n dag het die Here weer na Abraham toe gekom. Dit was in die omgewing van Mamre naby die groot eikeboom. Abraham het by die ingang van sy tent gesit, want dit was die warmste tyd van die dag. Skielik sien hy drie mans voor hom. Abraham het opgespring en die mans gaan groet.
GENESIS 18:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE het weer by die groot bome van Mamre aan Abraham verskyn. Terwyl Abraham so in die middel van die dag by die ingang van sy tent sit, sien hy skielik drie mans daar naby staan. Hy het opgestaan, vinnig na hulle toe gestap en hulle verwelkom deur diep te buig.