GENESIS 17:14 - Compare All Versions
GENESIS 17:14 ABA (Bybel vir almal)
“Julle moet elke man wat nie besny is nie, van hierdie volk afsny. Hy het nie my verbond gehou nie, hy het dit gebreek.”
GENESIS 17:14 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En wat manlik is en die voorhuid het, wat nie aan die vlees van sy voorhuid besny is nie — dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word: hy het my verbond verbreek.
GENESIS 17:14 AFR83 (Afrikaans 1983)
Elke lid van die manlike geslag wat nie besny is nie, moet van sy volksgenote afgesny word. Hy het my verbond verbreek.”
GENESIS 17:14 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
'n Onbesnede manlike persoon wat nie aan die vlees van sy voorhuid besny is nie – daardie persoon moet van sy mense afgesny word; my verbond het hy verbreek.”
GENESIS 17:14 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die onbesnede manlike seun wie se vlees van sy voorhuid nie besny is nie, dié siel moet uit sy volk uitgeroei word; hy het my verbond verbreek.
GENESIS 17:14 DB (Die Boodskap)
Iemand wat nie besny is nie, is nie deel van jou nie. Hy is ook nie deel van My en my ooreenkoms met julle nie.”
GENESIS 17:14 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Elkeen wat nie besny is nie, sal afgesny word van God se belofte omdat hy die verbond verbreek het.”