GENESIS 17:10-11 - Compare All Versions

GENESIS 17:10-11 ABA (Bybel vir almal)

Hier is die verbond wat jy en jou nageslag moet hou: Julle moet elke man en seun besny. Dit sal die bewys wees van die verbond tussen My en julle.

GENESIS 17:10-11 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Dit is my verbond wat julle moet hou tussen My en julle en jou nageslag ná jou: Al wat manlik onder julle is, moet besny word — julle moet aan die vlees van julle voorhuid besny word, en dit sal 'n teken wees van die verbond tussen My en julle.

GENESIS 17:10-11 AFR83 (Afrikaans 1983)

Dit is my verbond wat moet geld vir jou en jou nageslag: elke lid van die manlike geslag onder julle moet besny word. Julle moet besny word aan die voorhuid. Dit is die verbondsteken tussen My en julle

GENESIS 17:10-11 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

En dit is my verbond tussen My en julle en jou nageslag ná jou wat julle moet nakom: Elke manlike persoon onder julle moet besny word. Julle moet besny word aan die vlees van julle voorhuide. Dit sal dien as teken van die verbond tussen My en julle.

GENESIS 17:10-11 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Dit is my verbond wat julle moet hou tussen My en julle en jou nageslag ná jou; Elke manlike seun onder julle moet besny word. Julle moet die vlees van julle voorhuid besny; en dit sal 'n teken wees van die verbond tussen My en jou.

GENESIS 17:10-11 DB (Die Boodskap)

Daar is een ding wat julle moet doen. Julle mag dit nie vergeet nie. Jou kinders moet dit vir altyd onthou. Dit is dat al julle mans besny moet word aan hulle geslagsorgane. Elkeen se voorhuid moet met ’n mes besny word. Dit sal die bewys wees dat julle Myne is en dat Ek julle God is.

GENESIS 17:10-11 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Dít is my verbond wat jy en jou nageslag moet onderhou: Elke manlike persoon onder julle moet besny word. Julle moet aan die voorhuid besny word. Dit is die teken van die verbond tussen My en julle.