GENESIS 17:1
GENESIS 17:1 Bybel vir almal (ABA)
Abram was 99 jaar oud toe die Here aan hom verskyn het. Die Here het vir hom gesê: “Ek is God die Almagtige. Jy moet My dien en reg lewe.
GENESIS 17:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
TOE Abram negen-en-negentig jaar oud was, het die HERE aan Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is God, die Almagtige; wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees.
GENESIS 17:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe Abram nege en negentig jaar oud was, het die Here aan hom verskyn en vir hom gesê: “Ek is God die Almagtige. Lewe naby My en wees opreg!
GENESIS 17:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe Abram nege-en-negentig jaar oud was, het die HERE aan Abram verskyn en vir hom gesê: “Ek is God, die Almagtige. Leef voor My, en wees onberispelik!
GENESIS 17:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe Abram nege en negentig jaar oud was, het die HERE aan Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is die Almagtige God; wandel voor my aangesig en wees volmaak.