GENESIS 15:7
GENESIS 15:7 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het vir Abram gesê: “Ek is die Here wat jou laat wegtrek het uit Ur, die stad in die land van die Galdeërs. Ek het jou hiernatoe gebring, want Ek wil hierdie land vir jou gee. Hierdie land sal aan jou behoort.”
GENESIS 15:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Verder het Hy vir hom gesê: Ek is die HERE wat jou uitgelei het uit Ur van die Chaldeërs om jou hierdie land in besit te gee.
GENESIS 15:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het vir Abram gesê: “Ek is die Here wat jou uit Ur van die Galdeërs laat wegtrek het om hierdie land aan jou te gee as jou besitting.”
GENESIS 15:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE het vir hom gesê: “Ek is die HERE wat jou uit Ur van die Galdeërs uitgelei het om aan jou hierdie land te gee om dit in besit te neem.”
GENESIS 15:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy sê vir hom: Ek is die HERE wat jou uit Ur van die Chaldeërs uitgelei het om aan jou hierdie land te gee om dit in besit te neem.