GENESIS 15:17-18
GENESIS 15:17-18 Bybel vir almal (ABA)
Die son het ondergegaan en dit het donker geword. Daar kom toe vuurvlamme en rook wat deurgaan tussen die stukke vleis van die diere wat geslag is. Daardie dag het die Here 'n verbond gemaak met Abram. Die Here het vir Abram belowe
GENESIS 15:17-18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En ná sononder, toe dit heeltemal donker was, gaan daar 'n rokende oond en vurige fakkel tussen dié stukke vleis deur. Op dié dag het die HERE met Abram 'n verbond gesluit en gesê: Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier
GENESIS 15:17-18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe die son ondergegaan het en dit donker was, gaan daar skielik 'n oond wat rook en 'n fakkel wat brand, tussen die stukke vleis deur. Op daardie dag het die Here 'n verbond gesluit met Abram en vir hom gesê
GENESIS 15:17-18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe die son ondergegaan het, en dit skemerdonker was – kyk, toe is daar die rook van 'n oond en die vuur van 'n fakkel wat tussen daardie stukke deurbeweeg. Op daardie dag het die HERE met Abram 'n verbond gesluit: “Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier
GENESIS 15:17-18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En dit het gebeur dat, toe die son ondergaan en dit donker geword het, daar was 'n rokende oond en 'n brandende lamp wat tussen daardie stukke deurgaan. Op dieselfde dag het die HERE 'n verbond met Abram gesluit en gesê: Aan jou nageslag het Ek hierdie land gegee, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier.
GENESIS 15:17-18 Die Boodskap (DB)
Na die son ondergegaan het en dit donker was, het daar skielik iets soos ’n rokende vuuroond en ’n vlammende fakkel gekom. Dit het stadig tussen die oopgesnyde diere deur beweeg. Daardie dag het die Here ’n ooreenkoms met Abram gemaak. Hy het vir Abram gesê: “Onthou, aan jou kinders gee Ek hierdie land. Alles van die Nyl in Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraat, sal hulle s’n wees.
GENESIS 15:17-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe die son ondergegaan het en dit donker was, het Abram ’n rokende oond en ’n brandende fakkel gesien wat tussendeur die halwe karkasse beweeg het. So het die HERE daardie dag ’n verbond met Abram gemaak en gesê: “Ek het hierdie land vir jou nageslag gegee, vanaf die Egiptespruit tot by die groot Eufraatrivier.