GENESIS 14:5 - Compare All Versions
GENESIS 14:5 ABA (Bybel vir almal)
In die veertiende jaar het koning Kedorlaomer en die drie konings wat saam met hom was, gekom om oorlog teen die vyf ander konings te maak. Hulle het die Refaïete in Asterot-Karnajim oorwin, die Sussiete in Ham, die Emiete in die Kirjatajim-vallei
GENESIS 14:5 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Toe kom Kedor-Laómer in die veertiende jaar, en die konings wat saam met hom was, en hulle verslaan die Refaïete in Ásterot-Karnaim en die Susiete in Ham en die Emiete in die vlakte van Kirjatáim
GENESIS 14:5 AFR83 (Afrikaans 1983)
In die veertiende jaar het Kedorlaomer en die konings wat saam met hom was, gekom en die Refaïete verslaan in Asterot-Karnajim, die Sussiete in Ham, die Emiete in die Kirjatajimvlakte
GENESIS 14:5 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
In die veertiende jaar het Kedorlaomer en die konings wat saam met hom was, toe gekom en die Refaïete verslaan in Asterot-Karnajim, die Susiete in Ham, die Emiete in Sawe-Kirjatajim
GENESIS 14:5 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En in die veertiende jaar het Kedor-Laomer en die konings wat by hom was, gekom en die Refaïete verslaan in Asterot-Karnaim en die Susims in Gam en die Emiete in Shaveh Kirjataim
GENESIS 14:5 DB (Die Boodskap)
’n Jaar later het Kedorlaomer en sy bondgenote met ’n militêre veldtog begin. Blitssnel het hulle die Refaïete in Asterot-Karnajim, die Sussiete in Ham, die Emiete in die Kirjatajimvlakte
GENESIS 14:5 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
’n Jaar later het Kedorlaomer en sy bondgenote hulle aangeval. Hulle het die Refaïete verslaan in Asterot-Karnajim, die Sussiete in Ham, die Emiete in die Kirjatajimvlakte