GENESIS 14:15
GENESIS 14:15 Bybel vir almal (ABA)
Daar het Abram en sy manne die konings in die nag van verskillende kante aangeval en oorwin. Hulle het die konings gevolg en gejaag tot by die stad Goba, noord van Damaskus.
GENESIS 14:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
hy het hulle in die nag van verskillende kante aangeval, hy en sy dienaars, en hulle verslaan en hulle agtervolg tot by Hoba wat noord van Damaskus lê.
GENESIS 14:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die nag het Abram en sy manne hulle van verskillende kante af aangeval en verslaan. Hy het hulle agtervolg tot by Goba, noord van Damaskus.
GENESIS 14:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
In die nag het hy en sy dienaars in verskillende groepe teen die konings verdeel en hulle aangeval. Hy het hulle agtervolg tot by Hoba, wat noord van Damaskus is.
GENESIS 14:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het hom in die nag teen hulle verdeel, hy en sy dienaars, en hulle verslaan en hulle agtervolg tot by Hoba wat aan die linkerkant van Damaskus is.