GENESIS 14:14
GENESIS 14:14 Bybel vir almal (ABA)
Toe Abram hoor die vier konings het vir Lot gevang en weggevat, het hy vir 318 van sy slawe wapens gegee. Hulle het die vier konings gevolg en gejaag tot by die stad Dan.
GENESIS 14:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe Abram hoor dat sy broer as gevangene weggevoer is, het hy sy geoefende manne wat in sy huis gebore is, laat uittrek, driehonderd-en-agtien, en hulle tot by Dan agtervolg
GENESIS 14:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe Abram hoor dat sy familielid weggevoer is, het hy sy volgelinge, drie honderd en agtien slawe wat by hom gebore is, hulle wapens laat vat en die konings agtervolg tot by Dan.
GENESIS 14:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe Abram hoor dat sy broer weggevoer is, het hy sy onderhoriges, hulle wat in sy huis gebore is, bewapen, driehonderd-en-agttien man, en die agtervolging volgehou tot by Dan.
GENESIS 14:14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe Abram hoor dat sy broer gevange geneem is, het hy sy geoefende dienaars, gebore in sy eie huis, drie honderd en agtien, gewapen en hulle tot by Dan agtervolg.