GENESIS 14:13
GENESIS 14:13 Bybel vir almal (ABA)
Een man wat gevang is, het losgekom. Hy het alles vir Abram die Hebreër gaan vertel. Abram het toe gewoon by die bome van Mamre, die Amoriet. Mamre en sy broers Eskol en Aner was Abram se bondgenote.
GENESIS 14:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe kom daar een wat vrygeraak het, en vertel dit aan Abram, die Hebreër, wat woonagtig was by die terpentynbome van Mamre, die Amoriet, broer van Eskol en broer van Aner; en hulle was bondgenote van Abram.
GENESIS 14:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar het egter iemand ontsnap en dié het alles gaan vertel vir Abram die Hebreër wat gewoon het by die groot bome van die Amoriet Mamre, 'n broer van Eskol en Aner. Hulle drie het 'n verdrag met Abram gesluit.