GENESIS 12:8 - Compare All Versions

GENESIS 12:8 ABA (Bybel vir almal)

Abram het van daar verder getrek na die berg oos van die stad Bet-El, en hy het sy tente daar opgeslaan. Bet-El was wes van hulle, en die stad Ai was oos. Abram het daar 'n altaar vir die Here gebou. Hy het die Here aanbid.

GENESIS 12:8 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En daarvandaan het hy verder versit na die gebergte oos van Bet-el en sy tent opgeslaan tussen Bet-el aan die weste- en Ai aan die oostekant, en daar vir die HERE 'n altaar gebou en die Naam van die HERE aangeroep.

GENESIS 12:8 AFR83 (Afrikaans 1983)

Van daar af het Abram verder getrek na die bergwêreld toe, oos van Bet-El, waar hy tent opgeslaan het met Bet-El aan die westekant en Ai aan die oostekant. Daar het hy 'n altaar vir die Here gebou en die Naam van die Here aangeroep.

GENESIS 12:8 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Hy het daarvandaan verder getrek na die heuwelland oos van Bet-El, en sy tente opgeslaan tussen Bet-El aan die westekant en Ai aan die oostekant. Daar het hy vir die HERE 'n altaar gebou en die Naam van die HERE aangeroep.

GENESIS 12:8 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En daarvandaan het hy opgetrek na 'n berg oos van Bet-el en sy tent opgeslaan met Bet-el aan die westekant en Hai aan die oostekant; en hy het daar 'n altaar vir die HERE gebou en die Naam van die HERE aangeroep.

GENESIS 12:8 DB (Die Boodskap)

Van daar af is hy bergwêreld toe en het net oos van Bet-El kamp opgeslaan. Waar sy tent gestaan het, was Bet-El aan sy westekant en Ai aan die oostekant. Hy het weer ’n altaar vir die Here gebou en daar gebid.

GENESIS 12:8 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Daarna het Abram verder suid getrek en kamp opgeslaan in die heuwels met Bet-El aan die westekant en Ai aan die oostekant. Daar het hy ook ’n altaar gebou en die HERE aanbid.