GENESIS 11:6
GENESIS 11:6 Bybel vir almal (ABA)
Die Here sê toe: “Kyk, hierdie mense is nou een volk en hulle praat almal dieselfde taal. En hulle het nou net begin. Hierna sal hulle alles regkry wat hulle wil doen.
GENESIS 11:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die HERE sê: Daar is hulle nou een volk en het almal een taal! En dit is net die begin van hulle onderneming: nou sal niks vir hulle meer onmoontlik wees van wat hulle van plan is om te doen nie.
GENESIS 11:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
en toe sê Hy: “Hier is hulle een volk en almal het een taal. Hulle het nog maar net begin om iets te doen. Hierna sal niks wat hulle beplan vir hulle onmoontlik wees nie.
GENESIS 11:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE sê toe: “Kyk, dit is een volk, en hulle almal het een taal, en dit is maar die begin van wat hulle gaan doen. Nou sal niks van wat hulle beplan om te doen, vir hulle onmoontlik wees nie.
GENESIS 11:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die HERE het gesê: Kyk, die volk is een, en hulle het almal een taal; en dit begin hulle doen, en nou sal niks van hulle weerhou word wat hulle gedink het om te doen nie.