GALASIËRS 5:22-26
GALASIËRS 5:22-26 Bybel vir almal (ABA)
Maar as die Heilige Gees mense se lewens regeer, dan doen hulle goeie dinge: Hulle is lief vir ander mense, hulle is bly, hulle maak vrede, hulle is geduldig, vriendelik en goed, hulle doen wat hulle belowe, hulle word nie maklik kwaad nie, hulle bly kalm. Die wette sê al hierdie dinge is goed. Ja, die mense wat aan Christus Jesus behoort, het opgehou om slegte dinge te doen, hulle wil dit nie meer doen nie. Die Heilige Gees het die ware lewe vir ons gegee. Daarom moet ons ook vir die Gees vra om ons lewe te regeer. Ons moenie hoogmoedig wees nie en ons moenie mekaar terg en jaloers wees op mekaar nie.
GALASIËRS 5:22-26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Teen sulke dinge is die wet nie. Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig. As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel. Laat ons nie word soekers van ydele eer wat mekaar uittart en mekaar beny nie.
GALASIËRS 5:22-26 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie. Dié wat aan Christus Jesus behoort, het hulle sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes gekruisig. Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal. Ons moenie verwaand wees, mekaar uittart of op mekaar afgunstig wees nie.
GALASIËRS 5:22-26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar die vrug van die Gees is: liefde, blydskap, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Teen hierdie soort dinge is daar nie 'n wet nie. Almal wat aan •Christus Jesus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeertes gekruisig. Aangesien ons deur die Gees leef, laat ons ook met die Gees in pas bly. Laat ons nie verwaand wees, mekaar uittart of op mekaar jaloers wees nie.
GALASIËRS 5:22-26 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, sagmoedigheid, goedheid, geloof, Sagmoedigheid, selfbeheersing: daar is geen wet teen sulkes nie. En die wat aan Christus behoort, het die vlees gekruisig met die geneenthede en begeerlikhede. As ons in die Gees lewe, laat ons ook in die Gees wandel. Laat ons nie begerig wees na ydele heerlikheid, en mekaar uittart, mekaar beny nie.
GALASIËRS 5:22-26 Die Boodskap (DB)
Net soos ’n boom wat ’n baie goeie vrug oplewer, wys hierdie mense se lewe dat hulle aan God behoort. Sulke mense gee baie om vir ander. Hulle lewe is vol vreugde. Die vrede wat van God af kom, ken en ervaar hulle. Hulle verdra ander mense sonder om ooit lelik met hulle te wees. Hulle straal vriendelikheid en warmte uit; daarom wil ander graag in hulle teenwoordigheid wees. Hulle doen goeie dinge vir ander mense. Ander kan altyd op hulle reken omdat hulle self deur dik en dun op God vertrou. Hulle is vol deernis en ontferming. Die Gees stel hulle in staat om hulleself goed te beheer sodat sonde nooit hoogty in hulle lewe vier nie. Natuurlik is die wet nie gekant teen so ’n leefwyse nie. Elkeen wat in Jesus Christus glo, moet so leef. Want al ons sondige begeertes is saam met Hom aan die kruis vasgespyker. Die Gees het ons splinternuut gemaak. Daarom moet ons toelaat dat Hy elke dag ons lewe bestuur. Hy moet besluit wat ons dink en sê en doen. Kom ons hou dadelik op om so baie van onsself te dink. Ons mag nie onder mekaar stry of op mekaar jaloers wees nie.
GALASIËRS 5:22-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Maar die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge is daar nie ’n wet nie. Maar dié wat aan Christus Jesus behoort, het die hartstogte en die begeertes van hulle sondige geaardheid gekruisig. Ons lewe deur die Gees; daarom moet die Gees ook ons leefstyl bepaal. Ons moenie te veel van onsself dink, mekaar irriteer of op mekaar jaloers wees nie.