GALASIËRS 5:20 - Compare All Versions
GALASIËRS 5:20 AFR83 (Afrikaans 1983)
afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring
GALASIËRS 5:20 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap
GALASIËRS 5:20 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
afgodery, towerkuns, vyandigheid, rusie, jaloesie, woede, selfsugtige ambisie, verdeeldheid, partyskappe
GALASIËRS 5:20 DB (Die Boodskap)
Hulle aanbid ’n spul dooie afgode en hou hulle besig met waarsêery. Hulle lewe loop oor van haat en twis. Hulle gun niemand iets nie. Hulle is aggressief, selfsugtig, altyd besig om te stry en verdeeld onder mekaar. Hulle lewe is vol jaloesie.
GALASIËRS 5:20 ABA (Bybel vir almal)
hulle dien afgode, hulle toor, hulle is vyande van ander mense, hulle haat ander mense, hulle is jaloers, hulle word maklik kwaad, hulle stry met almal, hulle maak mense kwaad vir mekaar, hulle maak mense vyande van mekaar
GALASIËRS 5:20 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloesie, woede, selfsug, tweespalt, skeuring
GALASIËRS 5:20 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Afgodery, heksery, haat, afwyking, navolging, toorn, twis, oproer, dwaalleer