GALASIËRS 5:2-4
GALASIËRS 5:2-4 Bybel vir almal (ABA)
Ek, Paulus, sê nou vir julle: As julle vir julle laat besny, dan help dit nie dat julle in Christus glo nie. Ek sê weer reguit vir julle: Elkeen wat hom laat besny, moet dan alles doen wat al die wette sê. Julle wat dink God sal julle vryspreek omdat julle doen wat die wette sê, julle is nie meer by Christus nie. Julle het God se genade verloor.
GALASIËRS 5:2-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Kyk, ek, Paulus, sê vir julle dat as julle jul laat besny, Christus vir julle tot geen nut sal wees nie. En ek betuig dit weer aan elke mens wat hom laat besny, dat hy onder verpligting is om die hele wet te onderhou. Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval.
GALASIËRS 5:2-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Kyk, ek, Paulus, sê vir julle: As julle julle laat besny, sal Christus vir julle geen betekenis hê nie. Ek sê dit weer nadruklik vir elkeen wat hom laat besny: Hy is verplig om die hele wet van Moses te onderhou. Julle wat van julle sonde vrygespreek wil word deur die wet te onderhou, julle het julle band met Christus verbreek, julle het die genade van God verbeur.
GALASIËRS 5:2-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Kyk, ek, Paulus, sê nou vir julle: As julle julle laat besny, sal •Christus vir julle waardeloos wees. Ek getuig weer teenoor elkeen wat hom laat besny, dat hy verplig is om die hele wet te onderhou. Julle wat op grond van die wet geregverdig wil word, julle is van Christus afgesny – julle het die genade verbeur!
GALASIËRS 5:2-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Kyk, ek, Paulus, sê vir julle dat as julle julle laat besny, Christus julle niks sal baat nie. Want ek getuig weer aan elke mens wat besny is, dat hy 'n skuldenaar is om die hele wet te doen. Christus het vir julle tot niet geword, elkeen van julle wat deur die wet geregverdig is; julle het uit die genade verval.
GALASIËRS 5:2-4 Die Boodskap (DB)
Kom ek sê reguit vir julle wat ek bedoel. As een van julle julle laat besny, maak julle ’n bespotting van die nuwe vryheid wat Christus aan julle gegee het. Dan kan julle maar net sowel ophou om in Hom te glo. Dan moet julle ook weer die wet gehoorsaam. Julle wat besluit het om al hierdie godsdienstige reëls en wette te hou om in die regte verhouding met God te wees, sny julle heeltemal van Christus af. Julle het buite die kragveld van sy genade beland.
GALASIËRS 5:2-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Kyk, ek, Paulus, sê vir julle: As julle julle laat besny, sal Christus niks vir julle beteken nie. Ek sê dit weer: Elkeen wat besny word, is verplig om die hele wet na te kom. Julle wat deur God vrygespreek wil word deur die wet te onderhou, het julle van Christus losgemaak. Julle het God se genade verbeur.