GALASIËRS 3:7-8
GALASIËRS 3:7-8 Bybel vir almal (ABA)
Daarom moet julle dit weet: Die kinders van Abraham is die mense wat in Christus glo. Die Ou Testament het lank gelede gesê dat God die heidene sal vryspreek van hulle sonde omdat hulle glo. Daarom het God hierdie goeie boodskap vir Abraham gegee
GALASIËRS 3:7-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Julle verstaan dan dat die wat uit die geloof is, hulle is kinders van Abraham. En die Skrif wat vooruit gesien het dat God die heidene uit die geloof sou regverdig, het vooraf aan Abraham die evangelie verkondig met die woorde: In jou sal al die volke geseën word.
GALASIËRS 3:7-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Julle sien dus dat dié wat glo, kinders van Abraham is. Die Skrif het vooruit geweet dat God ook mense wat nie Jode is nie, sou vryspreek as hulle glo. Daarom het die Skrif al voorheen die goeie nuus vir Abraham gebring: “In jou sal al die nasies geseën word.”
GALASIËRS 3:7-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Besef dan: Die mense wat uit die geloof is, dié is kinders van Abraham. En omdat die Skrif dit vooruit gesien het dat God die heidene op grond van geloof regverdig sou verklaar, het die Skrif die evangelie reeds vooraf aan Abraham verkondig: “In jou sal al die nasies geseën word.”
GALASIËRS 3:7-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Weet julle dan dat die wat uit die geloof is, hulle kinders van Abraham is. En die Skrif, wat voorsien het dat God die heidene sou regverdig deur die geloof, het voor die evangelie aan Abraham verkondig en gesê: In jou sal al die nasies geseën word.
GALASIËRS 3:7-8 Die Boodskap (DB)
Weet julle, ons almal wat in God glo, is ook Abraham se kinders. Die Bybelskrywers het lankal geweet dat God mense uit ander volke wat in Hom glo, van hulle sondes sou vryspreek. Abraham het ook hierdie goeie nuus gehoor. Daar is vir hom gesê: “Jou geloof sal nog maak dat al die volke op aarde eendag God se seën beleef.”
GALASIËRS 3:7-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Julle moet dus insien: Die ware kinders van Abraham is hulle wat glo. Verder het die Skrif vooruit gesien dat God nie-Jode deur geloof sou vryspreek. Daarom is die Goeie Nuus vooraf aan Abraham bekendgemaak: “Deur jou sal al die volke geseën wees.”