GALASIËRS 3:23 - Compare All Versions
GALASIËRS 3:23 AFR83 (Afrikaans 1983)
Voordat hierdie geloof gekom het, is ons deur die wet gevange gehou en bewaak totdat die tyd van die geloof sou aanbreek.
GALASIËRS 3:23 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word.
GALASIËRS 3:23 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Voordat die geloof gekom het, is ons deur die wet bewaak. Ons was gevange gehou totdat God se plan van geloof geopenbaar sou word.
GALASIËRS 3:23 DB (Die Boodskap)
Voordat hierdie nuwe tydvak van geloof aangebreek het, was ons almal in ’n yslike groot tronk opgesluit.
GALASIËRS 3:23 ABA (Bybel vir almal)
Die wette was vir ons soos 'n wag. Dit het ons toegesluit en opgepas totdat God gesê het dit is nou die regte tyd vir mense om in Christus te glo.
GALASIËRS 3:23 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Voordat hierdie geloof gekom het, was ons onder die toesig van die wet, ingesluit met die oog op die geloof wat in die toekoms geopenbaar sou word.
GALASIËRS 3:23 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet bewaar, opgesluit vir die geloof wat daarna geopenbaar sou word.