GALASIËRS 3:21
GALASIËRS 3:21 Bybel vir almal (ABA)
Is die wette en God se beloftes dan vyande van mekaar? Nee, glad nie. Maar die wette kan nie vir mense die ware lewe gee nie, daarom sal God hulle nie vryspreek wanneer hulle doen wat die wette sê nie.
GALASIËRS 3:21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Is die wet dan teen die beloftes van God? Nee, stellig nie! Want as daar 'n wet gegee was wat krag het om lewend te maak, dan sou die geregtigheid werklik uit die wet wees.
GALASIËRS 3:21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wil dit nou sê dat die wet van Moses in stryd is met die beloftes van God? Beslis nie! As 'n wet gegee was wat in staat was om die ware lewe te skenk, sou 'n mens inderdaad vrygespreek kon word op grond daarvan dat hy die wet onderhou.
GALASIËRS 3:21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Is die wet dan in stryd met die beloftes van God? Hoegenaamd nie! Want as daar 'n wet gegee sou wees wat lewend kon maak, sou die •vryspraak eintlik op grond van die wet kon geskied.
GALASIËRS 3:21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Is die wet dan teen die beloftes van God? God verhoed dit, want as daar 'n wet gegee was wat lewe kon gee, sou geregtigheid voorwaar deur die wet gewees het.
GALASIËRS 3:21 Die Boodskap (DB)
Staan die wet van Moses teenoor die beloftes wat God aan Abraham gemaak het? Weerspreek hulle mekaar? Nee, natuurlik nie. Maar dit beteken nog nie dat die wet ons by die ware lewe kan uitbring nie. As dit die geval was, het ons mos niks meer as die wet nodig gehad nie. Dan kon ons ons eie saak met God regmaak deur net te doen wat die wet sê. Maar dis glad nie so eenvoudig nie.